06 October 2008

Anri en Dirk

Hallo aan al die familie,

Ek dink hierdie is 'n uitstekende manier om hoogte bly van wat aangaan. Dankie vir die voorvat daarmee pa.

Sommer net 'n vinnige ietsie oor my en Dirk.
Ons is nog baie gelukkig getroud en bly al in ons tweede woonstel sedert die groot dag. Ons eerste woonstel was baie oulik en mooi, maar 'n moeilke buurman wat onder ons gewoon het, het dit onuithoudbaar gemaak om daar te bly. Ons het toe besluit om maar na iets anders te soek en bly nou in 'n splinternuwe woonstelkompleks en is baie gelukkig daar. Dit is 'n mooi eenslaapkamer plekkie, met kersiehout kaste en 'n lekker oopplan kombuis en sitkamer.

Verder is ons altwee nog besig met ons studies. Dirk is nou 5e jaar met sy teologie studies en is baie bly dat hy nog net een jaar oor het. Hy is al baie lus om met die praktyk te begin. Daar is 'n groot moontlikheid dat hy dalk aan die einde van sy studies Gobabis toe kan gaan. Hulle soek baie graag weer 'n sendeling daar en dit is sy passie om sendingwerk te gaan doen en die Boesmans le ook baie na aan sy hart. Ons glo wel die Here sal ons stuur waar Hy ons die beste kan gebruik.

Ek is self nou besig met my MComm in bemarking. Dit vorder bietjie stadiger as wat ek gehoop het, maar ek glo ek sal dit in 2 jaar kan klaarmaak. Die rede dat dit so stadig vorder is al die ander goed wat ek ook doen. Vir 'n inkomste is ek 'n deeltydse dosent by die NWU (PUK). Ek gee so 2 vakke per semester. Die vakke sluit darem bemarkingsvakke in, so dit is my studieveld. Ek werk dan ook deeltyds as bemarker by die tydskrif, Kruispad. Dit is 'n redelike nuwe tydskrif wat deur die GKSA uitgegee word vir jongmense. Ek geniet die praktiese aanwending van my studies vreeslik baie en daar is 'n moontlikheid dat ek dalk volgende jaar voltyds daar kan werk en dan hoef ek nie meer klas te gee nie. Ek dink nie ek is heeltemal uitgeknip vir klasgee nie,veral nie as daar 300 eerstejaarsgesiggies vir jou sit en staar nie. My hart klop hopeloos te vinnig en ek val dan baie oor my woorde. Maar ek het wel baie geleer daaruit hierdie jaar en my selfvertroue bietjie opgebou. As ek nie die werk by Kruispad kry nie sal ek seker maar weer volgende jaar werk soos ek nou werk.

Wel, ek hoop om gou van al die ander Oppermans ook te hoor en te hoor wat julle almal nog deesdae doen. Ek sal later 'n paar onlangse foto's ook post.

28 September 2008

GELOOF

Waarvoor is ek op aarde?
Dit is 'n vraag wat baie mense vra. Ek kan dit nie anders antwoord as vanuit my Christelike geloof nie. Ek glo dat God my geskep het, my met 'n bepaalde doel op aarde geplaas het. Die hoogste doel is om Hom te ken, te dien, te vertrou en te gehoorsaam. Daar is geen ander manier om jou doel te bereik as deur Jesus Christus te ken nie. Hy is my Verlosser, my Koning, my Raadgewer, my Padwyser. Deur Hom kan ek bid tot die heilige Vader. Hy gee hoop vir nou en vir die toekoms - tot in ewigheid. Kennis van God is net moontlik, omdat Hy Hom in sy Woord (die Bybel) aan ons bekend maak. Deur die leiding van sy Gees verstaan ek, glo ek en doen ek wat Hy in sy Woord vir my leer.

23 September 2008

FAMILIE FOTO'S








FAMILIE GESKIEDENIS


DIE EERSTE OPPERMANS -

KROSSEN, DUITSLAND
NA DIE KAAP.

Van RootswebWorldConnect http://wc.rootsweb.ancestry.com/cgi-bin/igm.cgi?op=GET&db=:1989427&id=I777

ID: I777
Name: Godlieb Christiaan OPPERMAN
Surname: Opperman
Given Name: Godlieb Christiaan
Sex: M
Birth: 1696 in Krossen, Germany
Death: 1737 in Cape, South Africa
Father: Johan August OPPERMAN b: ABT 1670 Mother: Anna Maria GILL b: ABT 1675 Marriage 1 Maria KOSTER b: ABT 1705
Married: 6 Feb 1728/1729 in Cape, South Africa
Children
Godlieb Rudolphus OPPERMAN b: ABT 1730
Anna Maria OPPERMAN b: ABT 1732